Virgin Atlantic

Virgin Atlantic
IATA ICAO Roepteken
VS VIR VIRGIN
Gestig1984
Eerste vlug22 Junie 1984
AOC #534
Bedryfsbasisse
LojaliteitsprogramFlying Club
Vlootgrootte39
Bestemmings34
HouermaatskappyVirgin Groep
SitkamerVirgin Atlantic Clubhouse
HoofkantoorCrawley, Wes-Sussex, Engeland
Sleutelpersone
  • Craig Kreeger (HUB)[2]
  • Stephen Murphy (Voorsitter)[3]
Omset £2,90 miljard (2013)[4]
Bedryfsinkomste £-128,4 miljoen (2013)[4]
Werknemers9 600
Webwerfhttp://www.virgin-atlantic.com/

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Boeing 747-400 van Virgin Atlantic Airways

Die lugredery Virgin Atlantic (IATA: VS, ICAO: VIR), 'n handelsnaam van Virgin Atlantic Airways Limited, is 'n Britse lugredery met meerderheidsbesit deur sir Richard Branson se Virgin Group. Die groep besit 51% van die lugredery en Delta Air Lines van die VSA besit die oorblywende 49%. Virgin Atlantic se hoofkantoor is in Crawley, Wes-Sussex, Engeland, naby Lughawe Londen-Gatwick.

Die lugredery is in 1984 gestig en was oorspronklik deur mede-stigters Randolph Fields en Alan Hellary beplan om vlugte tussen Londen en die Falkland-eilande te onderneem. Die paar ontmoet Richard Branson en deur onderhandelinge word die lugredery herdoop na "Virgin Atlantic". Die eerste vlug van Gatwick na Newark Liberty Internasionale Lughawe is op 22 Junie 1984 onderneem.

Virgin Atlantic maak gebruik van 'n gemengde vloot van Airbus en Boeing wyerompvliegtuie en opereer tussen die Verenigde Koninkryk, Noord-Amerika, die Karibiese eilande, Afrika, die Midde-Ooste, Asië en Australië vanaf sy belangrikste basis by Gatwick met sekondêre basisse by Lughawe Londen-Heathrow en Manchester. Die lugredery onderneem binnelandse vlugte in die Verenigde Koninkryk sedert 31 Maart 2013. Dit is administratief geskei van ander Virgin-handelsmerke.

In 2012 het Virgin Atlantic 5.4 miljoen passasiers vervoer,[5] wat dit die sewende grootste Britse lugredery in terme van passasiersvolume maak. In die jaar tot Februarie 2013, het dit 'n jaarlikse bedryfsverlies van £128.4 miljoen gelei.[6]

Virgin Atlantic Airways Limited beskik oor 'n Burgerlugvaartowerheid Tipe A-operateurslisensie wat dit toelaat om passasiers, vrag en pos te vervoer op vliegtuie met 20 of meer sitplekke.[7]

  1. 1,0 1,1 1,2 "Destinations". Virgin Atlantic. Besoek op 1 Augustus 2013.
  2. Milmo, Dan (8 Januarie 2013). "Virgin Atlantic hires American Airlines executive as new CEO". The Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2018. Besoek op 1 Augustus 2013.
  3. "Virgin Atlantic Directors". Virgin Atlantic. 2013. Besoek op 1 Augustus 2013.
  4. 4,0 4,1 http://www.ft.com/cms/s/0/970cdbca-be22-11e2-9b27-00144feab7de.html#axzz2czryWg5v
  5. "All Services 2012" (PDF) (in Engels). Civil Aviation Authority. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 23 Junie 2013.
  6. Parker, Andrew (16 Mei 2013). "Virgin Atlantic chief vows return to profit". Financial Times (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2014. Besoek op 1 Februarie 2014.
  7. "Type A Operating Licence Holders" (in Engels). Civil Aviation Authority. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 18 Julie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search